Forums › Index › 2. Recruitment & Training › 1. Inspirations & Origins › How did you end up at Reconnaissance Commando?
- This topic has 12 replies, 1 voice, and was last updated 8 months ago by
admin.
-
AuthorPosts
-
-
October 27, 2025 at 2:27 am #422
-
October 27, 2025 at 2:28 am #423JC Erasmus
My Pa was burgermag inligting. Hy was nooit in die weeemag nie. Knysna bevelvoerder. Na n I ligtings kursus vertel hy my dat hy n Kol Moore saam met hom op kursus gehad hetJC Erasmus
My Pa was burgermag inligting. Hy was nooit in die weeemag nie. Knysna bevelvoerder. Na n I ligtings kursus vertel hy my dat hy n Kol Moore saam met hom op kursus gehad het en hy stel voor ek probeer vir die verkennings regiment. Die Kol Moore was n moerse gentleman volgens my Pa. Ek wou veg en nie verken nie. Maar toe probeer ek maar.-
This reply was modified 8 months ago by
admin.
-
This reply was modified 8 months ago by
-
October 27, 2025 at 2:30 am #424Doiby Cooetzee
JC, ek en jy het daardie dag in 1979 in Oudshoorn na die werwingslokaal gegaan waar 32Bn en die Recce’s hulle storie vertel het.
Oom PEP was toe RSM 32 Bn en hetDoiby Cooetzee
JC, ek en jy het daardie dag in 1979 in Oudshoorn na die werwingslokaal gegaan waar 32Bn en die Recce’s hulle storie vertel het.
Oom PEP was toe RSM 32 Bn en het die aanbieding gedoen. Ek kan nie onthou wie vir die Recce’s daar was nie.
Na die aanbieding het ek besluit 32Bn en jy Recce’s.
Toe vang ons weer met mekaar op in 1985.-
This reply was modified 8 months ago by
admin.
-
This reply was modified 8 months ago by
-
October 27, 2025 at 2:31 am #425Justin Vermaak
Ek het die paar laaste jare op skool blootstelling aan die Recces gekry deur my broer Roy. Ek onthou die 1ste brief van Heidelberg wat hy aan die familie gestuur hetJustin Vermaak
Ek het die paar laaste jare op skool blootstelling aan die Recces gekry deur my broer Roy. Ek onthou die 1ste brief van Heidelberg wat hy aan die familie gestuur het uit die basis aan my ouers waar hy gese het hy gaan Rekkie keuring doen.Na sy siklus het hulle van tyd tot tyd by die huis in Germiston gestop na n ops Dit was nog “rowwe tye” en het hulle met n verskeidenheid rugsakke en kit daar gestop voor die tog na DBN. AK47s in die kattebak, geverfde 3 Spears civvie rugsakke om die ou army dinge te vervang vol van uitbundige stories aan my pa oor ervaringe in Rhodrsia et al. Hy en Rocky en Theo staan uit vir my – met hul 3.0l Cortinas.
As ek nie probeef het nie sou ek n moffie wees. Was na 1 SAI opgeroep in 1980. Daarr het Willy Ward en Jamrs Teitge ons in die Julie van 1980 op Te Brug kom werf.
Dankbaar vir die geleentheid.
-
October 27, 2025 at 2:33 am #428Doiby Coetzee
In 1974 is ek 13 jaar oud en in std 6.
Tydens ‘n kadet periode vertel in onnie, wat sopas teruggekom het van ‘n kamp op Oudshoorn, van die groepie manne daarDoiby Coetzee
In 1974 is ek 13 jaar oud en in std 6.
Tydens ‘n kadet periode vertel in onnie, wat sopas teruggekom het van ‘n kamp op Oudshoorn, van die groepie manne daar.
Ek weet opslag dis my roeping en skryf daardie aand ‘n brief aan die werwingskantoor van die Weermag om te hoor wanneer ek kan begin.
Uiteraard beveel hulle toe aan dat ek skool klaarmaak.
Ek het toe begin voorberei vir my loopbaan. Boots en kit gekry by my ooms, PT program uitgewerk, en alles gelees wat ek in die hande kon kry oor Spes Magte en Kommando’s.
My keuse om 32Bn te te gaan was te danke aan oom PEP wat daardie dag in 1979 op Oudtshoorn vir my gesê het dis die beste voorbereiding wat ek kan doen.
Na 32Bn keuring het hy my ingelig dat hy die RSM 1 Recce gaan word.
Na my omswerwinge doen ek in 1985 keuring en toe ek die RSM gaan groet toe sê hy: “fok Kapt, ek wag al ses jaar vir jou! “
What a life.
Ek het die voorreg gehad om met die beste soldate van ons era te werk.
Ysters, almal van julle! -
October 27, 2025 at 2:34 am #429Oosie
Ek was opgeroep na Potch, 14 Veld regiment, 141 Bty, 120mm mortiere. Kapt. Herman van Niekerk was my Bty Bev. Laater in Julie 1981 doen ons valskerm kursus, ons spring mos metOosie
Ek was opgeroep na Potch, 14 Veld regiment, 141 Bty, 120mm mortiere. Kapt. Herman van Niekerk was my Bty Bev. Laater in Julie 1981 doen ons valskerm kursus, ons spring mos met di 120mm mortier. Herman verdwyn en gaan doen keuring. 4 van ons manne besluit ons gaan ook Recces toe. So eindig ek op by di beste mense wat ek ooit kon deel van wees. -
October 27, 2025 at 2:35 am #430Tinus De Klerk
Ingeklaar 3 SAI, toe Inf Skool toe en toe vir my tweede jaar (1985) van diensplig verplaas SMG toe. Einde van daai jaar keuring probeer maar my kop was nie reg nie en eTinus De Klerk
Ingeklaar 3 SAI, toe Inf Skool toe en toe vir my tweede jaar (1985) van diensplig verplaas SMG toe. Einde van daai jaar keuring probeer maar my kop was nie reg nie en ek klim af einde van die tweede dag. Maak diensplig klaar maar kon nie besluit wat ek in civvy straat gaan maak nie en sluit toe kortdiens aan. Word verplaas 116Bn toe en omtrent ñ maand daarna is ek in 907 SDK as ñ stigterslid. Ons bev (Brain du Preez) verongeluk en daar daag ñ Maj op wat baie prim en proper was. Dit het my nie aangestaan nie en middel 86 doen ek weer keuring, slaag en is by 1 tot einde 96, daarna Pallies toe tot einde 99. Die beste chapter gewees in my lewe danksy julle. -
October 27, 2025 at 2:36 am #431Andre Lieb
Het aansoek gedoen om VB toe te gaan nadat ek vrystelling gehad het omdat ek sou gaan swot. Was lekker fiks en gedurende basies neem ek aan atletiek deel. Joe Verster was dAndre Lieb
Het aansoek gedoen om VB toe te gaan nadat ek vrystelling gehad het omdat ek sou gaan swot. Was lekker fiks en gedurende basies neem ek aan atletiek deel. Joe Verster was die kompanie bevelvoerder en hy het my baie gedruk met die atletiek en so aan Leër en Weermag kampioenskappe laat deelneem waar ek 3000 hindernis en marathon hardloop. Terug by die basis praat die troepe van die Recces wat daar was om werwing te doen. Vertel hulle dra canoes op hulle ruė en kry R20 000 rand ‘n jaar.
Ek gaan na Joe Vester en se ek wil by die Recces aansluit. Hy se nee, hy wil he ek moet offisierskursus doen. Volgende oggend, na ‘n nag van worstel, gaan ek na hom en se ek kies eerder om die Recces te join. Nie lank daarna is ek en hy saam op die keuring. Beste besluit in my lewe. -
October 27, 2025 at 2:37 am #432Buks vd Berg
‘n Lang storie.
Toe ek klein was sit ek op my oupa se skoot en hy vertel my van die oorlog.
Hy was in WW1 en het Delville Bos oorleef. (Hy was vir 3 jaar in die hospitBuks vd Berg
‘n Lang storie.
Toe ek klein was sit ek op my oupa se skoot en hy vertel my van die oorlog.
Hy was in WW1 en het Delville Bos oorleef. (Hy was vir 3 jaar in die hospital in Engeland na die oorlog)
Ek besluit ek moet n soldaat word, die enigste ding wat ek nie wil doen nie is om in n groot groep soldate te wees nie want dan klink dit nie vir my baie lekker nie.
Op n dag kom daar n man aan by die skool en vertel van die die berede infanterie.
Die man is Majoor Albert van Driel. Ek dink mmmmhhh ek hou van perde en ek kan goed perdry so dit is die plek vir my. Ek hoor toe later (Ek weet nie of dit waar is nie) jy hardloop vir 3 maande rond met n saal voor jy n perd sien. (Hou toe maar verby)
Ek kry oproep instruksies en dit is 1 SAI in Bloemfontein. My oupa was in 1st SAI gedurende WW1 en ek dink dit is n goeie begin maar ek dink nie ek wil lank bly nie.
Aangekom by 1 SAI die storie so uitgekyk en ek hoor daar is n Valskerm Bataljon so n entjie met die pad af. Daai 1 SAI het vir my maar onlekker gelyk.
Ek sê vir die korporaal ek dink ek wil Valskerm gaan spring.
Daar word ons in n groep gedruk wat hulle vleisbomme noem en elke Korporaal ein hom die reg toe om ons groepie op te donder van n kant af. Wat eintlik goed uitgewerk het want dit het ons fiksheid goed gedoen.
Toe op n dag kom daar n baie GROOT man daar by 1 SAI aan en hulle jaag ons almal daar in die saal by 1SAI. Ek het nog nooit so groot man gesien nie. Pikswart hare en n pikswart snor met die grootste bloedrooi stewels aan.
Later agtergekom hy was eintlik nie so groot nie. Sy naam was Staf Sersant Johan Landman. (Ek het later gesien ek is n bietjie langer as hy hy maar dit is eers baie jare later. Kyk hy was indrukwekkend daai dag. So eindig ek op by Valskerm Bataljon. So gaan ons deur die aksies daar by VB en doen alles wat ons kan doen. Soos julle almal weet is ek inherent n lui moer. Op n dag vra die korporaal wie kan perd dry. Ek steek toe maar my hand op en hy sê gaan af dienskamer toe en wag daar.
Wag toe maar daar en hier kom n groot pikswart Chev Constantia ingery. Daar is man daar agter met n klomp blinkgoed op sy skouers en later verneem dit is Brigadier du Plessis hy het n klompie perde daar agter naby die Tempe Tigers en hy wil he iemand moet hulle ry.
Ons is sowat 6 troepe wat toe elke dag gaan om die Brigadier se perde te ry. Ry lekker verby ons pelle wat n opfok kry in die Koei Kamp.
Doen die PT Toetse en leer hoe om met n Valskerm te spring in die hangar.
Spring uit die Dak en die C130/C160.
Nou besluit n paar van ons om Staandemag aan te sluit maar dit is net n manier om gat te skuur.
Kyk in die Bataljon hardloop jy oral en jy ry baie min op n Bedford. Maar ons sien die mannne wat sê hulle wil Staandemag aansluit word elke oggend opgelaai voor die dienskamer en gaan dorp toe vir die dag.
Nou kyk as jy kan dorp toe gaan vir die dag is dit baie lekker.
Ons groepie maak toe n plan so twee of drie manne sit by die werwings kantoor terwyl die res n goeie tyd geniet in die dorp.
Ons word gehuisves in die O Komp lyne en het n baie goeie tyd geen inspeksie in die oggende nie. Ons bly in n 16 x 16 tent baie baie lekker. Ons het gehoor van die Rekkies. Daar was praatjies wat hulle baie rof laat klink het. Daar was ook 2 Rekkies wat spring kursus gedoen het. Die een was n groterige blondekop Onder Korporaal wat in die kroeg gesit en drink het en toe daar n troep opdaag om vir hom te sê dat die Hanger Sammajoor hom wil sien sê hy vir die troep hy moet vir die sammajoor sê as hy hom wil sien moet hy kroeg toe kom. Dit was n O/KPL Chris Olivier. (Julle het seker al gehoor van hom)
Daar was ook n ander stoutgat O/KPL met die naam Andre Cloete (Julle het seker ook al gehoor van hom)
So lê ons daar in die tent en my vriend Gerhard van Deventer aka Carrots sê sy boetie is by die Rekkies en ons moet gaan kyk hoe dit daar werk.
So n paar dae later kom daar n Luitenant (Theo Fourie) van die Rekkies daar aan met n lang hare en n baard.
Hy praat en vertel hoe lekker dit daar is by die Rekkies en as ons die toetse kan slaag dan kan ons gaan.
Toetse vir ‘n VB Troep is niks nie, doen alles teen spoed maar die hoofrede is dat ons n naweek pas kry want ons moet briewe van ons ouers kry.
Die groot prys is dat ons n retoer trein kaartjie kry en dat ons onmiddelilk kan gaan.
As jy in die Bataljon pas kry moet jy eers die Mollers hardloop en dan pas parade en daar is altyd n fout en jy word rond gedonder word tot na donker voor jy op pas gaan.
Hier is ons weg met n Bedf0rd Stasie toe en op pad huis toe.
Sondag aand op die trein in pleks van te ryloop.
Maandag oggend is daar n Bedford by die stasie en ons gaan terug lyne toe gee ons kit in en klim op n Bedford en ry Bloemspruit toe.
Op Bloemspruit staan daar n Dak en ons klim in. Die Dak vlieg baie lank en ons land in die middle van nerens op n sement aanloop baan. 16 Parabats wat taaier is as taai.
Carrots se sigarette raak op en ons rook my laaste Paul Revere want sê vriend Carrots sy boetie is hier en ons gaan nou nou in die kroeg kan sigarette koop.
Wat toe nooit gebeur het nie… Keuring het daardie aand begin en n ander baie groot Sammajoor met n rooi snor en rooi sideburns het ons gevat en sommer van die staanspoor het jy geweet hierdie man kan jou knak net deur na jou te kyk. Later het ons hom Sammajoor of RSM genoem.
Tussen Sammajoor Koos en Majoor Charl Naude plus n hele klomp ander taai manne het ons begin met onse keuring. Carrots se boetie RIP van Deventer (RIV) het ons net opgedonder waar hy kon.
Goeie tyd gewees en dit is ook nou al soveel jare terug dat jy net die lekker onthou.
Lekker aand almal. Hier in Bethalis dit moer koud -
October 27, 2025 at 2:38 am #433Spik Botha
Op geroep 1SDB toe. Het lekker in koei kamp rond gehardloop. Ek het absoluut niks geweet van army, Parabats of Recce. Een Sondag in basies hardloop ons kerk toe , langs onsSpik Botha
Op geroep 1SDB toe. Het lekker in koei kamp rond gehardloop. Ek het absoluut niks geweet van army, Parabats of Recce. Een Sondag in basies hardloop ons kerk toe , langs ons hardloop n 1BN peloton. En daar in is my ou skopl Hoof seun en net daar besluit ek, ek gaan na geen plek waar daai drol is nie. Week later jaag die Kpl ons Sawi toe sit in daai ou saal en hier stap twee ouens in. Jean, t shirt en lang hare. Hennie Blaaw en cricket. Hulle sê hulle spring ook met parachutes en bly in Durban. Onmiddelik steek ek my hand op. Hulle sê hol eers biejie hier. Ek hol flatout, wat eintlik stadig is in JC se termes. Kry trein kaartjie Potch toe en daar na Dbn. Maar ek siklus en moet nou kort termyn aansluit, toe se Baas Jakes my ouers moet net brief teken. Ek het nie ouers of n wettige voog. Hy stuur Pta toe om met Oom Loots te praat. Hy stuur my met n brief na n ander oom by die hoë geregs hof. Die oom vra my, wil jy in army wees. Ja dankie oom. Hy teken brief en stuur my terug na oom Loots wat my n ander brief gee om vir baas Jakes te gee. Hy sê ook, geniet dit boetie -
October 27, 2025 at 2:38 am #434Wynand Kruger
In Maart 1972 bevind ek my op n Inf Instr Kursus, Deel 1 in Oudtshoorn. Ons was in die laaste kasernes met nog een gebou reg langs ons oop. Een van ons Instr, Sers ChrisWynand Kruger
In Maart 1972 bevind ek my op n Inf Instr Kursus, Deel 1 in Oudtshoorn. Ons was in die laaste kasernes met nog een gebou reg langs ons oop. Een van ons Instr, Sers Chris Schutte, kom een oggend na inspeksie en se daar gaan mense oorkant ons intrek. Julle bly weg daar, julle kyk nie eens soontoe nie, verstaan julle my.Daar kom beweging en met die uitstek van Sam Blikbal Potgieter, wat jy tot in George kon hoor, was die res doodstil.
Soos julle weet het jy nooit vir Sam Koos hoor skreeu nie. Sam FC van Zyl, Pw, Trevor, Oom Dewies, Kol More, Oom Jan, Dave, Cricket en Wannies ens was toe as die stil manne gedoop. Ons verwys nou nog, by ons Deel een Reunie, na die stil manne. Sekere oggende, 0400, het ons soms net vir Oom Trevor hoor se, start op, en dan is hulle met die Sabres daar weg.Nie lank daarna kom Chris Schutte en se net, julle Kosies moet net lekker wees, ek gaan Keuring doen. Dis toe die eerste ene en julle ken die name. Na hulle kursus het ons van die lede soos Sam Botes, Anton Retief, Marius, Nella, Johan BD en ander leer ken veral as ons naweke daar by hulle pofadder hok n draai gemaak het. Dis ook Sam Botes en Dave Tippet wat my die raad gegee het, vra as eerste eenheid aan vir VB. Kry jy dit, doen die Valsk, Afstuur en Vryval kursusse so vining moontlik, dan kom jy hierheen.
Drie Instr wat n groot indruk op ons gemaak het gedurende Deel een, was op ons Ongereelde Oorlogvoering kusus. Twee vol Luitenante Charl Naude en Hannes Venter en n Kapt Hennie Blaauw. Ek en Pottie kry toe VB as ons eerste eenheid en klim na ons PT en Chemiese Oorlogvoering kursus op n trein Bloem toe. Die Sondag aand loop ons drie lede van die Deel 1 voor ons raak. Pale vd Walt, Vissie en Derek Lynch. In die living in gebou was ook Frans v Dyk, Sakka Marais, DD, Hoffies ens. Senior manne en ek en Pottie maak met groot oe reg vir die eerste oggend.
Met ons mooi moois aan, drag 1 en skoene gebone, tree ons voor die tee kamer aan. RSM Kieser kom rustig aangestap en se net, hardloop stoor toe, trek smogs en elk Kpl stepe by DD, Sam Ysterman v Niekerk wag vir julle bo by die hanger. Van almal die vorige aand, het Frans vir ons die beste raad gegee. Gee gas met die toetse, hardloop redelik voor met alles, jy kry meer tyd om te rus terwyl julle wag vir die stragglers. Na 13 Maande deel 1 en PT Kursus in Pta is ek en Potiie fiks en gaan dit redelik goed. Ons val toe saam met die troeppe by C Komp in met Kapt Hennie B ons Komp Bev en Staf Kitcha ons Komp Sam. Met my Appy, afstuur kursus is Lt Charl Naude saam met ons op kursus, wat n plesier, stoutgat per excellence en blaas lewe in alles in.
Een Sondag aand stap ek in my kamer in na n braai dag by Rayton, two bob a day, genoem deur die living inns. Op my bed le twee manne en slaap. Ek herken vir Dave en Jimmy en vat stil my slaapsak en gaan slaap op Pottie se mat. Volgende oggend by ontbyt se Dave hulle dankie en maak jou reg vir Keuring Aug 74. Jou naam is reeds opgegee. Kmdt Hans Moller was glad nie beindruk toe ek Oudtshoorn toe ontbied word nie. Al wat hy se was, maak seker jy maak dit, hou ons naam hoog, kom terug en dan bly jy net hier. Natuurlik, met min woorde het die seniors my net gekyk en gese, jy K as jy dit nie maak nie. In Ouhoring kry ek vir Lt Connie en sluit ons toe by die res aan wat reeds n rukkie besig was met voorbereiding. n Dag of twee later toe sluit nog twee, Charl Naude en Hannes Venter hulle by ons aan. Sam Koos en Jimmy ons hoof instr. Gelyk tydig saam met ons kursus was die twee Recce groep van Willy Ward hulle onder Sam PW.
-
This reply was modified 7 months ago by
admin.
-
This reply was modified 7 months ago by
-
October 27, 2025 at 2:45 am #436Jimmy Oberholzer
Around August, we were all feeling down in the dumps because all the other troops of the January 1970 intake were at 40 days and we, at the Para Bn, had to complete tJimmy Oberholzer
Around August, we were all feeling down in the dumps because all the other troops of the January 1970 intake were at 40 days and we, at the Para Bn, had to complete the year, only finishing in early December, but time flies when you are having fun. Towards the end of November, Dave, Wannies and I, along with another chap Tuinsma (spelling) were told by Sgt Snakes Snyman to report to the O.C.’s office. I remember walking down past the Fish Eagle’s aviary, making up excuses for things I didn’t even know I had done.To our surprise, we were told that someone wanted to speak to us one by one. Dave went first, then Wannies, then myself. On the other side of the desk was a scary looking Commandant J.D. Breytenbach. He sat me down and went on with a short “spiel” about this new unit he was forming, I remember him saying “we have been shot at by ters and have shot at ters. Are you in or out? Come back in a few minutes and let me know.” Out I went and the four of us just looked at each other, then one by one we said we were in.
After speaking to Cmdt J.D. again, he insisted that we do the Permanent Force Instructors course first (another year’s training) and he would let us know when and where to meet him in the New Year (1971). I then explained to him that I lived in Zambia, and needed a bit of lead time and also a clandestine method of communication.
On about the 21 December I received a telegram “need you in Pretoria mid-January, phone me when in RSA, signed Oom Jan.”
Early January 1971 I arrived at Dequar Rd Pretoria to meet Oom Jan. Only three of us arrived, Tuinsma did not pitch. He went with us, doing the rounds, the admin, swearing in, getting kitted out with the Permanent Force issue (found out that we had been promoted to L Cpl’s). Cmdt J.D. even went with us to see where we were billeted. We then caught the train to Oudtshoorn, were met at the station and taken to The Infantry School, where the admin, kit issue and so on started all over again.Attachments:
-
October 27, 2025 at 2:45 am #439Martin Smith
Wou van kleins af soldaat wees. Ek het elke jaar, vanaf St 6 tot matriek, probeer om twee kadet kampe ‘n jaar te doen.
……Was nie baie lekker in die winter in KroonMartin Smith
Wou van kleins af soldaat wees. Ek het elke jaar, vanaf St 6 tot matriek, probeer om twee kadet kampe ‘n jaar te doen.
……Was nie baie lekker in die winter in Kroonstad Genie basis nie maar gaan het ek gegaan.
Ek het gereeld kerk geskiep om met my broer wat in die lugmag was se R1 droeë aanvalle op die plaas te loots teen die volkies.
Ek het ‘n brief geskryf aan die Hoof van die Leer dat ek wil Staande Mag aansluit. My oom het dit vir my afgegee, hy was toe al lank in die weermag.
Ek het my oproep instruksies gekry PD skool toe…imagine. Ek het ‘n VK brosure iewers raakgeloop en dit elke dag deurgeblaai.
Ek is op ‘n stadium aangesê om Pretoria toe te gaan, ek dink dit was in St9, daar het ek medies gedoen en papiere ingevul. Op een of ander manier het hulle my oproep instruksies verander van PD skool (BG magsnommer) na Durban (PE magsnommer).
Toe ek matriek klaarmaak is ek op die trein gesit op die stasie Hoogte naby ons plaas in die Vrystaat.
12 Desember 82 klok ek in op die Bluff. Die eenheid was leeg en ek val in op die Bluff met Bas as my “toesighouer”
Januarie toe die res daar opdaag vir basies was ek al bietjie fiks en my bed square. Ek het gedurende Desember die obstacle course gebou agter die LVT and die ou basis (om my fiks te kry..)
Daarna basies gedoen in Durban met meeste instrukteurs operateurs. Een of twee infanterie manne
Daarna keuring. Keuring nie klaargemaak nie en eindig in 1 Mil met ‘n gebreekte pols. Terug eenheid toe en wag vir G1K1 na die operasie. Toe eers Infanterie skool toe vir Deel 1 in opdrag van Genl Bestbier en Oom Pep, en weer terug keuring toe. Maak klaar saam met mense wat ek baie respek voor het. Werk daarna saam met dieselfde mense wat my basies aangebied het. Awesome sirkel, beste tyd ooit.
Saluut aan julle almal.
-
-
AuthorPosts
- You must be logged in to reply to this topic.


